Hoe dit begin het

Hoe dit begin het

Die afgelope 50 jaar het kinderboekillustrasie ʼn erkende en gevierde kunsvorm geword. Jong en opkomende illustreerders met ʼn belangstelling in die kinderboekbedryf besef toenemend die belang daarvan om suksesvolle boeke te publiseer. Ons beoog om hierdie talent te ontgin en vir kunstenaars die geleentheid te gee om in aanraking met die uitgewerswese te kom.

Die International Centre for the Picture Book in Society is daaraan toegewy om hierdie talent te ontwikkel, maar ook om toegang tot kinderboeke – veral vir kinders wat min blootstelling daaraan het – te vergemaklik. Vir baie kinders is ʼn kinderboek ʼn eerste kennismaking met kuns.


Lemniscaat Uitgewers het in 2014 die inisiatief geneem om ʼn kinderboek-illustrasiekompetisie in die Verenigde Koninkryk, Nederland en België te begin. Hierdie kompetisie het groot sukses geniet. Meer as 750 jong illustreerders het hulle werk ingeskryf en ʼn professionele span beoordelaars het die top 12 wenners aangewys.


Daar is nie ʼn enkele wenner aangewys nie omdat daar so ʼn verskeidenheid van mooi inskrywings was. Die beoordelaars het besluit dat daar uit hierdie verskillende benaderings tot kinderboekkuns, nie net een wenner gekies behoort te word nie.


Die doel van die wêreldwye kinderboek-illustrasiekompetisie is nie om ʼn uiteindelike wenner aan te wys nie maar om jong kinderboek-illustrasietalent te ontdek en te vereer.


Om aan die wenners maksimum blootstelling te gee is ʼn katalogus gepubliseer wat aan uitgewers wêreldwyd gestuur is. Die tentoonstelling van die wenners se werk het van The Hive biblioteek in Worcester na Rotterdam en gevolglik na Sjanghai gereis.


In 2015 is die wêreldwye kinderboek-illustrasiekompetisie gelyktydig in die Verenigde Koninkryk, Nederland en België, Duitsland en Suid-Afrika van stapel gestuur, met elke land wat ten einde 5 wenners aangewys het. Die werk van die wenners is in ’n katalogus gepubliseer wat in 2016 aan die bekendste internasionale kinderboekuitgewers by die Bologna Kinderboekebeurs voorgestel is. Hulle werk was deel van ’n tentoonstelling wat deur Suid-Afrika na Duitsland, Holland, die Verenigde Koninkryk en China gereis het.


Hierdie jaar sal die drie beste inskrywings in Nederland/België, Suid-Afrika, Duitsland en die Verenigde Koninkryk gekies word. Die werk van die wenkunstenaars sal deel wees van ’n reisende tentoonstelling in die deelnemende lande. Die finale keuse van wenillustrasies word in ’n internasionale katalogus gepubliseer en voorgestel aan talle van die bekendste internasionale kinderboekuitgewers by die Bologna Kinderboekebeurs in 2018.


Te danke aan die toenemende steun van uitgewers en organisasies, hoop ons om die wêreldwye kinderboek-illustrasiekompetisie ’n vername geleentheid vir talentvolle nuwe illustreerders te maak.
JFBConnect not enabled. Please enable.